Article

Skink tuis ‘n glasie van Simonsig se spogwyne met Rapport

Ontdek die unieke geure van jou wyn met Rapport se aanlyn wynproe saam met Simonsig. 

Ontdek die eiesoortige geure en boeiende stories agter vier van Simonsig se spogwynreeks met Rapport se aanlyn wynproe.

Lesers sal tuis saam skink wanneer dié landgoed se wynmaker, Johan Malan, en handelsmerkambassadeur, Denzel Swarts, voor die kameras inskuif en die kurke trek (of skiet) van Kaapse Vonkel, Labyrinth Cabernet Sauvignon, Mr. Borio’s Shiraz en Mr. Borio’s Chenin Blanc.

Anzél in die Boland sal die proesessie aanbied en kykers kan ook vrae rig aan die beide Johan en Denzel.

Johan is die tweedegenerasie-wynmaker op dié wynlandgoed in die Stellenbosch-streek en het oorgeneem by sy baanbreker-pa, Frans Malan.  Frans was vir jare die enigste om bottel-gefermenteerde vonkelwyn in die Kaap te maak en daarmee is Kaapse Vonkel nou al 51 jaar oud.

Johan se reise na Champagne in Frankryk in 1990 het hom geïnspireer om Pinot Meunier te plant. Só het Kaapse Vonkel die eerste Cap Classique geword wat al drie klassieke druifsoortvariëteite — Chardonnay, Pinot Noir en Pinot Meunier — bevat.

Denzel Swart is ‘n jong, dinamiese derde-generasie plaaswerker in sy familie en ‘n inspirerende suksesstorie in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Sy organisasie Son of The Soil Wines & Leadership Foundation is gefokus op die mentorskap en ontwikkeling van jong mense van kleur en plaaswerkers in die wynbedryf.

Denzel Swarts het sy pad in die wynbedryf opgewerk en is tans handelsmerkambassadeur by Simonsig.

Simonsig en Rapport skink saam

Skink saam en ontdek die neus van wit blomme, appels en nektariens met ’n subtiele aroma van broskoekies (shortbread).

Simonsig se Chenin Blanc is die eerste wyn wat Frans in 1968 mark toe gestuur het. Proe saam aan Simonsig Chenin Blanc 2021 se tropiese vrugtearomas van spanspek en granadilla tot peer en vars lemmetjie.

Mr. Borio’s Shiraz is vernoem na Alessandro Borio, ’n Italiaanse krygsgevangene wat hier gebly het ná die Tweede Wêreldoorlog.  “Hy het elke oggend sy ontbyt op sy graaf gekook en het die eerste sementwyntenks op Simonsig gebou. Dié tenks word steeds gebruik om Shiraz te maak,” sê Johan.  Die wyn is propvol bessie-aromas van frambose en swartkersies met aarbei-sorbet-ondertone en ’n tikkie witpeper.

 

Simonsig

Simonsig wynlandgoed naby Stellenbosch.

 

Laastens is daar Labyrinth Cabernet Sauvignon 2018 – van die druiwe wat diĂ© landgoed se labirint vorm. Vrugtige geure van swartbessies, crème de cassis en viooltjies sal jou glas vul, tesame met smake van melksjokolade en eikehout.

Bespreek jou plek en bestel jou kis met vier bottels voor 4 April. Die proesessie word Donderdag 21 April om 18:30 tot 19:30 aangebied en jy sluit aan deur bloot op die skakel te klik. Die wyn, proesessie en aflewering sal jou R450 uit die sak jaag. Lesers spaar meer as R100 op die rakprys.

 

 

Stuur jou naam, selfoonnommer, straatadres en poskode na rapport.besprekings@media24.com. 

Belangstellendes kan ook hul bestellings by Quicket plaas — www.Quicket.co.za — onder Rapport aanlyn wynproe.

Vir navrae, skakel 011 713 9276 (gedurende werksure) of besoek die Facebook blad @RapportSA of @SimonsigWines of Instagram, @rapportsa en @simonsigwines

Klik hier en kry jou uitgawe van WynLand Tydskrif (or teken in!)

 

 

 

 

 

Article Archives

Stay current with our monthly editions
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop