Article

Impak van beurtkrag met landbouleiers bespreek

by | 13 Jan | Article, News

13 Januarie 2023 – Menige landbouleiers het vanoggend met die minister van landbou, Thoko Didiza, aanlyn vergader waar die impak van beurtkrag op die landbousektor geopper is.

Opdrag is deur Didiza gegee om ʼn taakspan op die been te bring waar kenners met die nodige tegniese vaardighede die dringendste kwessies kan formuleer en uiteensit sodat dit verder deur die minister gedryf kan word.

Didiza het kennis geneem van die landbousektor se pleidooi, en het onderneem om dit op nasionale vlak te dryf.

Ons bedank ook graag Agri SA wat georganiseerde landbou binne hierdie taakspan sal verteenwoordig.

Daar is tans menige uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar, maar AWK glo dat georganiseerde landbou op provinsiale en nasionale vlak dit saam kan aanpak.

Article Archives

Stay current with our monthly editions
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop